Language and silence: persoonlike herinneringe aan Adam Small, die digter-intellektueel

G. J. Gerwel

Abstract


’n Algemene publiek, of ten minste ’n Afrikaanse algemene publiek—en in soverre
hulle van die wêreld van die lettere kennis neem—sal Adam Small waarskynlik
eerstens herken en onthou as digter en dramaturg, en waarskynlik meer spesifiek as
die skrywer van Kitaar my kruis en Kanna hy kô hystoe. Dit is met hierdie werke dat hy
sy stempel op die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde afgedruk en naam gemaak
het—as daardie uitdrukking nie onvanpas is nie vir iemand wat vir ’n lang tyd so
ondererkend en onderwaardeerd was. Wat dikwels nie deur so ’n publiek onthou of
besef word nie is dat Small van opleiding en beroep ’n filosoof was; ’n praktiserende
filosoof, dosent in die Wysbegeerte. Maar Small was meer as net akademiese filosoof
en dosent. Ek dink dis Charles van Onselen wat op ’n slag opgemerk het dat daar aan
ons inrigtings te veel “akademici” en te min “universiteitsgebaseerde intellektuele”
is.

Full Text:

PDF

Refbacks

  • There are currently no refbacks.


Copyright (c) 2017 Tydskrif vir Letterkunde

Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.