Tydskrif vir Letterkunde: 75 jaar

Henriette Roos

Abstract


Toe Hein Willemse my gevra het om die “geleentheidstoespraak” by hierdie verjaardagviering
te lewer, kon ek nie anders nie as om te wonder: “hoekom ek, hoekom
nou?” Maar ons het gelukkig ooreengekom dat hierdie “toespraak” eintlik net my
subjektiewe indrukke omtrent die verhouding tussen die Tydskrif vir Letterkunde
(hierna: Tydskrif) en momente in die Afrikaanse letterkunde gaan weergee. Subjektief,
veral omdat ek dalk een van die laastes van ’n bepaalde generasie is en, ek weet nie of
Hein my daaromtrent heeltemal geglo het nie, ek my ook op een of ander wyse kan
beroep op ’n persoonlike band met elkeen van die ses redakteurs tot dusver: van Van
den Heever tot by Willemse. Daaroor later.

Full Text:

PDF

Refbacks

  • There are currently no refbacks.


Copyright (c) 2017 Tydskrif vir Letterkunde

Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.