Leonard Koza 20 September 1941 – 20 Februarie 2010

  • Willie Adams

Abstract

Ek het Leonard Koza vir meer as 40 jaar geken. Hy en
my oudste broer, Sidney, was maats gedurende die
sestigerjare op Hoërskool Elsiesrivier. Hulle was ook
lede van die Elsiesrivier Kultuurvereniging. Leonard
was soos ’n kind in ons huis. Wie sal die uitstappies,
die skooldebatte en die vasvrawedstryde vergeet?
Of die politieke vergaderings en die ‘Platters-paarties’
waar op die rhythm and blues van The Platters
geldinsamelings vir gemeenskapsprojekte gehou is?
In die woorde van een van Leonard se gunstelingliedjies,
Bob Marley se No Woman No Cry: “In this
bright future, you can’t forget your past. / So dry
your tears I say.”
Published
2017-10-09
Section
Tributes